Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 28:14-18 Bybel vir Almal (ABA)

14. Daarom, julle wat so spot,julle wat oor hierdie volk regeerwat in Jerusalem is,julle moet nou luisterwat sê die Here.

15. Julle moet luister,want julle sê julle het’n ooreenkoms gemaakmet die dood,en wanneer die watervloed kom,dan sal dit nie by julle kom nie.Julle dink julle leuenssal julle beskerm.

16. Daarom sê die Here nou:“Kyk, Ek sit ’n klip neer in Jerusalem.Dit is ’n klip wat die mense sal toets,dit is ’n harde hoek-klip waarop iemand’n muur kan bou.Die mense wat in My glo,sal veilig wees.Hulle sal nie vinnig moet vlug nie.

17. Ek sal die mense toetsen Ek sal kyk of hulle reg gedoen heten reg gelewe het.Julle dink julle leuens sal julle beskerm,maar wanneer die vyandesoos ’n hael-storm kom,dan sal julle sterf, daar sal niks oorbly van julle nie.Julle leuens sal julle nie beskerm nie.

18. Julle ooreenkoms met die doodsal niks help nie.Wanneer die watervloed kom,dan sal dit oor julle stroom.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 28