Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 28:1-3 Bybel vir Almal (ABA)

1. Dit sal sleg gaanmet die stad Samaria.Die mense van Efraimwat altyd dronk is,is trots op Samaria.Die stad is op ’n bergbokant ’n vrugbare vallei,en dit is ’n mooi stad.Maar dit sal word soos’n blom wat droog word en afval.

2. Die Here sal nou iemand stuurwat sterk is en wat kan doenwat hy wil.Hy sal kom soos ’n hael-storm,’n stormwind watalles verwoes.Hy is soos ’n groot reën-stormen hy sal die stad verwoes.

3. Die dronk mense van Efraim is nou trotsop hulle stad,maar ander mense sal met hulle voetetrap op die stad.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 28