Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 28:1-13 Bybel vir Almal (ABA)

1. Dit sal sleg gaanmet die stad Samaria.Die mense van Efraimwat altyd dronk is,is trots op Samaria.Die stad is op ’n bergbokant ’n vrugbare vallei,en dit is ’n mooi stad.Maar dit sal word soos’n blom wat droog word en afval.

2. Die Here sal nou iemand stuurwat sterk is en wat kan doenwat hy wil.Hy sal kom soos ’n hael-storm,’n stormwind watalles verwoes.Hy is soos ’n groot reën-stormen hy sal die stad verwoes.

3. Die dronk mense van Efraim is nou trotsop hulle stad,maar ander mense sal met hulle voetetrap op die stad.

4. Hierdie stad wat op ’n berg isbokant ’n vrugbare vallei,hierdie mooi stad sal word soos’n blom wat droog word en afval.Die stad sal word soosdie eerste vy wat ryp word:Iemand sien die vyen hy pluk diten sluk dit in.

5. Die mense wat oorgebly hetvan die volk van die Here,sal daardie dag trots wees op Hom,hulle sal trots wees op die Herewat oor alles regeer.

6. Hy sal vir hulle leer om in die poortreg te besluit oor mense.Hy sal die mense sterk maakwat die vyande moet keerwat in die stad wil inkom.

7. Die priesters en die profete is ook dronk.Hulle het wyn en bier gedrinken hulle loop val-val.Hulle weet nie wat hulle doen nie,hulle weet nie waar hulle is nie.Die Here wys vir hullewat sal gebeur,maar hulle loop val-val.Hulle moet sê wat is reg,maar hulle kan nie regop staan nie.

8. Hulle word naar en gooi open mors op al die tafels in die tempel.

9. Hulle sê:“Ons is nie klein kindertjies nie,hoekom wil Jesaja vir ons leer?Hoekom wil hy vir ons vertelwat die Here vir hom gesê het?

10. Ja, hy praat aanmekaar,hy hou aan om vir ons te sêwat ons moet doen.”

11. Ja, hulle spot,maar nou sal die Hereook met húlle spot,Hy sal op ’n ander maniermet hierdie volk praat.

12. Hy het voorheen vir sy volk gesê:“Hier is die plek waar julle kan rus,hier moet julle die mensewat moeg is, laat rus,hier kan julle veilig woon.”Maar hulle wou nie luister nie.

13. Nou sal die Here weermet hulle praat.Hy sal aanhou om vir hulle te sêwat hulle moet doen.Hy sal dit doen totdat hulleagteroor val en seerkry,totdat die vyande hulle vangen hulle wegvat.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 28