Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 26:2-11 Bybel vir Almal (ABA)

2. Julle moet die poorte oopmaaksodat die volk kan ingaan,die volk wat doenwat die Here wil hê,die volk wat gehoorsaam is aan Hom.

3. Hierdie volk weetdat die Here hulle sal help.U sal hulle laat rus en vrede vir hulle gee,want hulle glo in U.

4. Julle moet altyd in die Here glo,want as julle by Hom is,dan is julle by ’n rotswat altyd vas staan.

5. Die Here het ons vyandelaat afval van hulle hoë mure.Hy het hulle stad en die hoë mureafgebreek tot op die grond.

6. Die mense wat hulleself nie kon help nieen wat arm was,trap nou op daardie stad.”

7. Die mense wat reg doen,se pad is gelyk.Here, U maak dit vir hullemaklik om te lewe.

8. Ons glo altyd in U,ook wanneer U die Regter is.Ons wil altyd u Naam noemen U eer.

9. Ek verlang na U met my hele hart,ook in die nag,en ek soek na U.Wanneer U die Regter isen U straf die mense,dan leer U vir hulle om reg te leweop die aarde.

10. Maar wanneer U goed isvir die mense wat verkeerd doen,dan leer hulle nie om reg te lewe nie.Hulle hou aan om verkeerd te doenen hulle sien niedat die Here die Koning is nie.

11. U het u hand opgeligom hulle te straf,maar hulle sien dit nie.Here, wys vir hulledat U lief is vir u volk.Laat u vyande in die vuur brandwanneer U kwaad word,sodat hulle sal weethulle kan self niks doen nie.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 26