Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 25:1-6 Bybel vir Almal (ABA)

1. Here, U is my God,ek sal U loof en u Naam prys,want U het ’n wonderwerk gedoen,U het gedoenwat U lank gelede besluit het.U het dit besluiten U het dit gedoen.

2. Ja, U het die groot stad verwoes.Die stad wat die sterk mure gehad het,is nou ’n hoop klippe.Die sterk stad van die vyandeis nie meer ’n stad nie,niemand sal die stadweer bou nie.

3. Daardie volk wat sterk was,sal nou vir U eer,die wrede mense van daardie stadsal bang wees vir U,

4-5. want arm mensewat probleme gehad het,kon na U toe vlug.Wrede mense het ons aangeval.Hulle asem was soos ’n reën-stormin die winter,dit was soos die son wat brandin die droë woestyn.Maar U was vir die arm mensesoos ’n plek waar hulle veilig wasin die reën-storm.U was soos ’n skaduweewanneer die son hulle brand.U het die wrede vyandelaat ophou raas en juig,dit was soos wanneer ’n wolk’n skaduwee maaken die son ophou brand.

6. Die Here wat oor alles regeer, sal op hierdie berg ’n groot fees hou.Daar sal die lekkerste kosen die oudste wyn wees,vleis met murg in die bene,en skoon wyn.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 25