Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 24:17-23 Bybel vir Almal (ABA)

17. Julle wat op die aarde woon,julle sal baie bang word,julle sal in vang-gate valen hulle sal julle met vangnette vang.

18. Wanneer een van julle bang worden vlug omdat die vyande raas,dan sal hy in die vang-gat val,en wanneer hy uit die gat klim,dan sal hulle hom met ’n vangnet vang.Ja, en dit sal baie reën,en die aarde sal bewe.

19. Die aarde sal stukkend breek,die aarde sal stukkend skeur,die aarde sal heen en weer skud,

20. die aarde sal loop soos ’n dronk mens.Dit sal maklik breek,soos ’n huisie van takkewat iemand gebou hetom net een nag daar te slaap.Die sonde van die aardesal te swaar wees om te dra.Die aarde sal valen nie weer opstaan nie.

21. Daardie dag sal die Here almal in die hemel straf en ook al die konings op die aarde, almal wat dink hulle is sterk.

22. Hy sal hulle bymekaarmaak en in ’n tronk toesluit, in ’n put. Ná baie dae sal Hy hulle straf.

23. Die maan en die son sal ophou skyn wanneer die Here koning word op Sionsberg en in Jerusalem. Hy sal vir die leiers wys Hy is die Koning.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 24