Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 24:1-8 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die Here sal die aarde verwoes,en dit sal nou gebeur,Hy sal die aarde verwoes,Hy sal dit omgooi,Hy sal die mense op die aardewegjaag na al die kante toe.

2. Dit sal met al die mense gaansoos met die priesters,dit sal met die slawe en slavinne gaansoos met hulle eienaars.Dit sal met die mensewat goed verkoop,gaan soos met die mensewat goed koop.Dit sal met die mense wat geld geleen het,gaan soos met die mensewat geld vir ander mense geleen het.Dit sal met die mense wat geld skuld,gaan soos met die mensevir wie hulle geld skuld.

3. Die mense sal die land verwoesen hulle sal mekaar se goed vat,want die Here het gesêdit moet gebeur.

4. Die plante op die aardesal droog word en verlep,die hemel sal droog wordsaam met die aarde.

5. Die mense in die landhet die land ontwy,want hulle het nie gedoenwat die Here wil hê nie.Hulle het die verbond gebreekwat vir altyd moes aanhou.

6. Daarom sal dit sleg gaanmet die mense in die land,die Here sal hulle straf.Daarom sal die mense in die landminder worden daar sal min mense oorbly.

7. Die wingerde sal droog worden daar sal nie wyn wees nie.Al die mense sal huil,die mense wat altyd vrolik wasnadat hulle wyn gedrink het.

8. Daar sal nie meer vrolike musiekvan tamboeryne en liere wees nie.Die mense wat feesgevier heten geraas het, sal stil wees.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 24