Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 23:6-11 Bybel vir Almal (ABA)

6. “Julle wat langs die see woon,julle moet na Tarsis gaan,julle moet huil.

7. Is dit die stadwaar die mense vrolik was?Is dit die stadwat al so lank daar is?Is dit die stad van waar mense gegaan heten op ver plekke gaan woon het?

8. Wie het besluitdit moet met Tirus gebeur?Tirus het konings gekiesen aangestel om te regeer.Tirus se handelaars was prinse,hulle was die belangrikste menseop die aarde.”

9. Die Here wat oor alles regeer,Hý het dit besluit.Hy het besluitom hoogmoedige mense te straf,

10. om die belangrike mensevan die aarde te verneder.Mense van Tirus,julle moet nou in die grond werksoos die Egiptenaars,want daar is nie meer ’n hawevir julle skepe nie.

11. Wanneer die Here sy handuitsteek oor die see,dan bewe die konings en hulle mense.Die Here het gesêdie vyande moet die stede verwoesin die land van die Fenisiërs,die stede wat sterk mure het.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 23