Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 2:12-22 Bybel vir Almal (ABA)

12. Ja, die dag van die Here sal kom,die Here wat oor alles regeer.Hy sal téén al die hoogmoedige mense wees,teen almal wat dink hulle is belangrik.

13. Hy sal téén al die hoë bome op Libanon-bergen in die land Basan wees,

14. ook teen al die hoë berge en heuwels,

15. teen elke hoë toring en elke sterk muur,

16. teen al die mooi skepe wat na die land Tarsis gaan.

17. Die hoogmoedige mense sal moet buig,die mense wat dink hulle is belangrik,sal verneder word.Net die Here sal op daardie dag belangrik wees.

18. Die afgode sal heeltemal verdwyn.

19. Die mense sal wegkruip agter rotse en in gate in die grond,want die Here sal kom.Hy sal die aarde skud.Almal sal voor Hom bewe, Hy is die Koning.

20. Daardie dag sal die mense hulle afgode weggooien hulle sal dit vir die rotte en die vlermuise gee,die afgode van silwer en goud wat hulle gemaak het,die afgode voor wie hulle gebuig het.

21. Hulle sal wegkruip in grotte in die bergeen tussen klippe,want die Here sal kom.Hy sal die aarde skud.Almal sal bewe voor Hom, Hy is die Koning.

22. ’n Mens beteken niks.As hy nie asemhaal nie, dan sterf hy.Julle moenie dink ’n mens kan julle help nie.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 2