Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 17:3-12 Bybel vir Almal (ABA)

3. Daar sal nie stede met sterk murein Efraim wees, soos voorheen nie,en Damaskus sal nie meer ’n koning hê nie.Dit sal met die mense wat nog lewe in Damaskus,gaan soos met die mense van Israel.Dit sê die Here wat oor alles regeer.

4. Daardie dag sal die mense van Israelnie meer sterk wees nie,hulle sal swak en arm wees.

5. Dit sal wees soos wanneer iemandin Spook-laagtedie koring-are bymekaarvat en afsnyen dan al die koring-are bymekaarmaak.

6. Maar daar sal ’n paar van die mensevan Israel oorbly.Dit sal wees soos wanneer ’n boerdie olywe van ’n olyfboom afgeslaan het,en net ’n paar olywe bly ooraan die boonste takkies.Dit sê die Here, die God van Israel.

7. Daardie dag sal die mense kykna die God wat hulle gemaak het,hulle sal vir die Heilige God van Israelvra om hulle te help.

8. Hulle sal nie glo datdie altare van die afgodehulle kan help nie,of die gewyde paleof die wierook-altare nie.Dit is altare wat hulle self gemaak het.

9. Daardie dag sal die stede wat sterk mure het,leeg wees,so leeg soos die bostoe die ander volke vir die Israeliete gevlug het.

10. Ja, Israeliete, julle het weggegaanvan die God wat julle gered het,julle het die Rots vergeetby wie julle veilig was.Julle maak mooi tuineen julle plant daar vreemde plante.

11. Maar as die plante groot worden blomme krydieselfde dag wanneer julle hulle plant,dan sal dit ook niks help nie.Wanneer julle siek en swak word,dan sal die plante julle nie gesond maak nie.

12. Dit sal sleg gaanmet die baie volke wat nou baie raas.Hulle raas soos die see,hulle raas hard soos baie water.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 17