Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 14:29-32 Bybel vir Almal (ABA)

29. Die Here het gesê:“Filistyne, julle moenie bly wees nie.Julle is bly,want die stok wat vir julle geslaan het,is nou stukkend,maar dit sal baie slegter gaan met julle.Dit sal wees soos wanneer jy een slang doodmaaken daar kom nog ’n slang,of soos wanneer jy die slang se eier stukkend trapen daar kom ’n draak uit wat vlieg.

30. Die Israeliete is arm,maar hulle kinders sal genoeg kry om te eet,hulle sal veilig wees.Maar, Filistyne, Ek sal julle kinders doodmaak,hulle sal nie kos hê om te eet nie en hulle sal sterf.

31. Die mense in die poorte van die stedemoet huil en skree.Al die Filistyne moet bang wees en bewe,want uit die noorde kom die vyandesoos ’n rookwolk,hulle soldate loop almal saam in rye.”

32. Wat sal ons sê vir die mensewat boodskappe bring van daardie volk?Ons sal sê:“Dit is die Here wat Jerusalem gebou het.Sy mense, wat hulleself nie kan help nie,is veilig daar.”

Lees volledige hoofstuk Jesaja 14