Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 14:10-16 Bybel vir Almal (ABA)

10. Hulle praat almal, hulle sê:‘Jy het nou ook swak gewordsoos ons, jy is nou soos ons.

11. Jy het altyd mooi dinge gekryen jy het geluister na musiek van ’n harp,maar nou is jy dood,en die wurms vreet jou.

12. Jy was soos die môrester,maar jy het uit die lug geval,jy het ander volke oorwin,maar jy het op die grond geval.’

13. Jy het gedink:Ek sal opklim tot in die hemelen ek sal my troon neersit bo die hoogste sterre,ek sal sit in die vergadering van die gode,daar ver in die noorde.

14. Ek sal opklim tot bo die wolkeen ek sal word soos die Hoogste God self.

15. Maar nou gaan jy af na die doderyk,na die diepste plek in die doderyk.

16. Almal wat jou daar sien,sal nader kom en hulle sal kyk na jou.Hulle sal sê: ‘Is dit die manvir wie die mense in al die lande bang was?

Lees volledige hoofstuk Jesaja 14