Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 13:5-11 Bybel vir Almal (ABA)

5. Die Here is kwaad,daarom bring Hy soldate uit ’n ver landom sy werk te doen.Hulle sal die hele land Babel verwoes.

6. Julle moet huil,want die dag van die Here is naby.Die Almagtige God komom alles te verwoes.

7. Al die mense sal baie bang word.Hulle hande sal pap hangen hulle harte sal bang word en bewe.

8. Hulle sal pyne kry en skrik,hulle sal krom buig soos ’n vrou wat ’n baba kry.Hulle sal kyk na mekaar,en hulle gesigte sal brand van die pyn.

9. Kyk, die dag van die Here sal kom.Die Here sal nie jammer weesvir die mense van Babel nie.Hy is kwaad en Hy sal die land Babel verwoes,Hy sal die mense van Babel doodmaak,hulle is sondaars.

10. Ja, die sterre in die lug sal nie skyn nie,die son sal opkom maar die son sal donker wees,die maan sal nie lig gee nie.

11. Die Here sê:“Ek sal die slegte mense in die wêreld straf,die mense wat verkeerd doen,Ek sal die parmantige en hoogmoedige mense laat sterf,Ek sal die hoogmoedige en wrede mense hard laat val.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 13