Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 13:15-22 Bybel vir Almal (ABA)

15. Die vyande sal elke mens gryp wat hulle kryen hulle sal hom doodmaak.

16. Die mense van Babel sal sienhoe die vyande hulle babas doodslaan,hulle goed uit hulle huise vaten hulle vroue verkrag.

17. Ek sal die Mediërs stuur om Babel aan te val.Die Mediërs wil nie silwer of goud hê nie,hulle wil oorlog maak.

18. Hulle sal met hulle pyl en boëdie jong soldate van Babel doodskiet,en hulle sal nie jammer weesvir babas en kinders nie.”

19. Babel is die mooiste stad in die wêreld,en sy mense is trots op die stad,maar God sal die stad verwoes soos Hy die stede Sodom en Gomorra verwoes het.

20. Daar sal nooit weer mense in Babel woon nie.Nie een Arabier sal sy tent daar opslaan nie,en skaapwagters sal nie hulle skapedaar laat rus nie.

21. Woestyn-diere sal in Babel lê,uile sal oral in die huise sit,volstruise sal daar rondloop,en veldgode sal daar dans.

22. Hiënas en jakkalse sal huil in die mooi huisewaar die mense van Babel feesgevier het.Die tyd is naby wanneer die Here Babel sal straf.Die stad se dae is verby,die vyande sal dit verwoes.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 13