Ou Testament

Nuwe Testament

Jesaja 1:17-30 Bybel vir Almal (ABA)

17. Julle moet leer om goed te doen,julle moet reg doen aan ander mense.Julle moet die mense help wat swaarkry,julle moet seker maak dat mensereg doen aan weeskinders en weduwees.”

18. Die Here sê: “Kom ons praat met mekaar.Iets wat so rooi soos bloed is,kan nie wit word soos sneeu of wol nie.Mense wat groot sondaars is soos julle,kan nie rein word nie. Maar Ék sál julle rein maak.

19. As julle luister na My,dan sal dit goed gaan met julle hier in die land.

20. Maar as julle nie wil luister nie,dan sal die vyande julle doodmaak.”Dit is wat die Here gesê het.

21. Die Here het ook gesê:“Julle, die mense in hierdie stad, Jerusalem,het gedoen wat Ek wil hê.Julle het reg gedoen aan almal, julle was regverdig,maar julle het ontrou geword, julle is nou moordenaars.

22. Dit is soos wanneer iemand silwer smelten grond daarby gooi,of dit is soos wanneer iemand water by bier gooi.

23. Julle amptenare luister nie na My nie,hulle is vriende van diewe.Mense betaal hulle om verkeerd te doen.Dan doen hulle nie reg in die poort nie.Hulle luister nie wat die weduwees en weeskinders sê nie.

24. Daarom praat Ek nou.Ek is die Here, die Here wat oor alles regeer,die sterk God van die Israeliete.Ek sê:Dit sal sleg gaan met julle almal wat nou my vyande is,Ek sal julle straf.

25. Ja, Ek sal julle vat en Ek sal julle reinig,soos wanneer iemand silwer smelten hy haal die grond en die tin uit die silwer.

26. Ek sal vir die stad weer goeie leiers gee om te regeer,en ook goeie raadgewers.Die mense sal sê: ‘Die stad is die Regverdige Stad,die mense in daardie stad doen wat die Here wil hê.’

27. Mense van Sion, Ek sal julle red as julle reg doenen as julle verander en lewe soos God wil hê,en as julle reg doen aan mense.

28. Maar die mense wat nie luister nie en sonde doenen nie by die Here wil bly nie,hulle sal swaarkry en sterf.”

29. “Julle bring offers vir afgodeonder die groot bome,en julle maak vir hulle tuine.Maar dit sal julle niks help nie.

30. Julle sal word soos ’n boomwanneer sy blare droog word,soos ’n tuin wat nie water kry nie.

Lees volledige hoofstuk Jesaja 1