Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 9:14-23 Bybel vir Almal (ABA)

14. hulle was hardkoppig,hulle het gelewe soos hulle self besluit het.Hulle het die Baäls gediensoos hulle voorvaders vir hulle geleer het om te doen.”

15. Die Here wat oor alles regeer, die God van Israel, sê:“Omdat hierdie volk dit gedoen het,laat Ek hulle swaarkry en sterf.Dit sal wees soos wanneer mense wilde-als geëet en gif gedrink het.

16. Ek sal hulle na al die kante toe jaagtussen ander volke in,volke wat hulle en hulle voorvadersnie geken het nie.Ek sal vyande stuur om hulle dood te maaktotdat hulle almal dood is.”

17. Die Here wat oor alles regeer, sê:“Roep die huilvroue.Laat kom die vroue wat weet hoe om te treur.”

18. En die volk het gesê:“Die vroue moet gou maaken hulle moet oor ons kom treur,sodat ons oë ook vol trane kan worden ons saam kan huil.”

19. Ons hoor hoe huil die mense in Sion.Hulle sê:“Die vyande het ons weggejaagen ons het alles verloor,ons moet weggaan uit die land,want hulle het ons huise afgebreek.”

20. Maar, vroue, julle moet luisterwat sê die Here nog.Julle moet vir julle dogters leer om te treuren ’n klaaglied te sing,

21. want daar is pes in die stad,die dood het by ons vensters ingeklim,en ons kinders en ons jongmense sterfop die strate en op die oop stukke grond.

22. Julle moet sê wat die Here sê:Die lyke van die mense sal soos misop die grond val of soos koring-arewat val wanneer iemand dit afsnyen niemand tel dit op nie.

23. Die Here sê:“Die wyse mensmoenie spog oor sy wysheid nie,die sterk mens moenie spog oor sy krag nie,die ryk mens moenie spog oor alles wat hy het nie.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 9