Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 51:7-24 Bybel vir Almal (ABA)

7. Babel was ’n goue beker in die handvan die Hereen die wyn in die beker het al die menseop die aarde dronk laat word.Die mense het van die wyn gedrink,en hulle het mal geword.

8. En toe het Babel skielik geval en gebreek.Julle moet huil oor die mense van die stad,julle moet balsem bring vir die pyn,miskien word hulle gesond.”

9. Hulle sê: “Ons het vir die mense van Babelmedisyne gegee,maar hulle het nie gesond geword nie.”Julle moet uitgaan uit die stad,elkeen moet na sy land gaan,want God sal Babel oordeel,Babel se straf is groot,dit raak tot aan die hemel,dit is so hoog soos die wolke.

10. Die Here het ons gered.Ons moet in Sion gaan vertelwat ons God die Here gedoen het.

11. Julle moet die pyle skerpmaaken genoeg pyle saamneem.Die Here het die konings van Mediëwakker gemaak,want Hy wil Babel verwoes,Hy wil hulle straf omdat hullesy tempel afgebreek het.

12. Julle moet die vlag in die lug ophouby die muur van Babel,julle moet wagte rondom die stad laat staan,julle moet soldate laat wegkruip rondom die stad,want die Here het besluiten Hy sál doen wat Hy gesê hetmet die mense van Babel.

13. Babel, jy het by baie water gewoonen jy was ryk,maar jou einde het gekom,die vyande sal jou verwoes.

14. Die Here wat oor alles regeer,het besluit, en Hy is self die getuie.Hy sê: “Ek sal baie soldate in jou laat kom,so baie soos sprinkane,en hulle sal skree en jou oorwin.”

15. Die Here het die aarde en die hemel gemaak.Hy het dit gedoen met sy krag en sy wysheid.

16. Wanneer Hy praat,dan raas die water in die hemel.Hy bring die wolke van ver oor die aarde,Hy laat die weerlig slaan en die wind waai.

17. Maar mense wat beelde maaken wat hulle dien, is dom,daardie mense weet niks.Die beelde kan niks vir hulle doen nie,daar is nie lewe in die beelde nie.

18. Hulle is soos wind wat wegraak,mense lag vir hulle.Wanneer die Here hulle straf,dan sal hulle verdwyn.

19. Maar die God van Jakob is nie soos die beelde nie,want Hy het alles gemaak.Die Israeliete is sy eie volk.Sy Naam is die Here wat oor alles regeer.

20. Die Here sê: “Babel, jy was my hamer, my wapen,Ek het teen volke oorlog gemaak met jou.Ek het volke stukkend geslaan met jouen Ek het lande verwoes,

21. Ek het perde stukkend geslaan met jouen ook die soldate wat op die perde ry,Ek het oorlogkarre stukkend geslaan met jouen ook die soldate op die waens.

22. Ek het mans en vroue stukkend geslaanmet jou, ook oumense en kinders,jongmans en meisies.

23. Ek het skaapwagters en skapestukkend geslaan met jou,ook boere en trekdiere,Ek het goewerneurs en regeerdersstukkend geslaan met jou.

24. Maar Ek sal Babel en al die mensevan Galdeër-land strafoor al die slegte dinge wat hullein Sion gedoen het,julle het dit gesien.”Dit sê die Here.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 51