Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 51:55-64 Bybel vir Almal (ABA)

55. Die Here is besig om Babel te verwoes,Hy wil hulle groot geraas laat ophou.Die vyande kom soos branders teen die stad,branders wat raas en dreun.

56. Ja, daar kom vyande oor Babel,hulle verwoes alles.Hulle vang die soldate van Babelen breek hulle pyle en boë,want die Here is ’n God wat straf,en Hy sal straf, dit is seker.

57. Die Koning praat,sy Naam is die Here wat oor alles regeer.Hy sê: “Ek sal die mense van Babeldronk maak, hulle amptenare,hulle wyse mense, hulle goewerneurs,hulle regeerders en hulle soldate,en hulle sal vir altyd aan die slaap raak.”

58. Die Here wat oor alles regeer, sê:“Die vyande sal die breë muur van Babelheeltemal afbreeken hulle sal sy poorte verbrand.Baie mense het daar baie hard gewerk,maar dit het niks gehelp nie,alles wat hulle gebou het, sal verbrand.”

59. Seraja seun van Nerija seun van Magseja het saam met koning Sedekia van Juda na Babel gegaan. Dit was in die vierde jaar nadat Sedekia koning geword het. Seraja moes sorg dat die koning slaapplek het langs die pad. Die profeet Jeremia het vir Seraja gesê wat hy moet doen wanneer hy in Babel kom.

60. Jeremia het al die slegte dinge wat met Babel sal gebeur, in ’n boek geskryf, alles wat hier oor Babel geskryf is.

61. Jeremia het vir Seraja gesê: “Wanneer jy in Babel kom, dan moet jy na die stad kyk en jy moet al hierdie woorde lees,

62. en dan moet jy sê: ‘Here, U het gesê U wil hierdie plek verwoes sodat niemand hier sal woon nie, nie ’n mens of ’n dier nie. U het ook gesê dat die stad altyd leeg sal wees.’

63. “En wanneer jy hierdie boek klaar gelees het, dan moet jy ’n klip vasmaak aan die boek en jy moet dit in die Eufraat-rivier gooi.

64. Jy moet sê: ‘So sal Babel wegsink en nie weer opkom nie, omdat die Here dit sleg sal laat gaan met die stad. Mense het daar baie hard gewerk, maar dit het niks gehelp nie.’ ”Dit is die laaste woorde wat Jeremia gesê het.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 51