Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 51:41-49 Bybel vir Almal (ABA)

41. Almal op die aarde het gepraat oor Babel,maar vyande het die stad oorwin en gevat.Al die volke het geskrikoor wat met Babel gebeur het.

42. Die water het oor Babel gestroom,die branders het geraasen dit het bo-oor die stad gevloei.

43. Die vyande het die stede van Babel verwoes,die land is ’n droë woestyn,daar woon niemand nie,en nie een mens gaan daar verby nie.

44. Ek sal vir Bel straf in Babel,Ek sal alles wat hy ingesluk het,uit sy mond ruk.Volke sal nie meer na Babel gaan nie.Babel se muur sal omval.

45. My volk, julle moet uitkom.Elkeen moet sy eie lewe red,want die Here is kwaaden Hy wil die mense in Babel straf.

46. Hy sal dit doen, want Hy wil hêjulle moenie bang weeselke maal wanneer julle hoordat die regeerders oorlog maakteen mekaar nie.

47. Dit moet julle weet, die tyd sal komwanneer Ek die gode van Babel sal straf.Almal in die land sal dan besef dat hulleniks beteken niewanneer die dooie mense oral in die land lê.

48. Almal in die hemel en op die aardesal sing oor Babel,want die mense wat die stad sal verwoes,kom uit die noorde.

49. Die vyande moet Babel verwoes,want Babel het baie mense van Israel laat sterf,ook mense van die hele aarde.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 51