Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 51:40-45 Bybel vir Almal (ABA)

40. Die Here sê:“Ek sal hulle soos ramme na die slagplek bring,soos skaap-ramme en bok-ramme.”

41. Almal op die aarde het gepraat oor Babel,maar vyande het die stad oorwin en gevat.Al die volke het geskrikoor wat met Babel gebeur het.

42. Die water het oor Babel gestroom,die branders het geraasen dit het bo-oor die stad gevloei.

43. Die vyande het die stede van Babel verwoes,die land is ’n droë woestyn,daar woon niemand nie,en nie een mens gaan daar verby nie.

44. Ek sal vir Bel straf in Babel,Ek sal alles wat hy ingesluk het,uit sy mond ruk.Volke sal nie meer na Babel gaan nie.Babel se muur sal omval.

45. My volk, julle moet uitkom.Elkeen moet sy eie lewe red,want die Here is kwaaden Hy wil die mense in Babel straf.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 51