Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 51:1-5 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die Here sê:“Kyk, Ek laat ’n wind waai teen Babelen teen die mense van Galdeër-land.Die wind sal alles verwoes.

2. Ek stuur vyande wat die mense van Babelsal wegvat soos die wind kaf wegwaai.Hulle sal die land leegmaak,want hulle sal van al die kante komop die dag wanneer die oorlog begin.

3. Die boogskutters van Babelmoenie tyd kry om hulle pylete skiet en hulle harnasse aan te trek nie.Die vyande moenie jammer weesvir die jongmanne van Babel nie,hulle moet al die soldate doodmaak.

4. Hulle moet mense doodmaakin Galdeër-land,die dooie mense moet in die strate lê,

5. want Israel en Juda is nie soos weduwees nie,weduwees wat niemand het om hulle te beskerm nie.Israel en Juda het ’n God.Hy is die Here wat oor alles regeer.Die mense van Galdeër-land het baie verkeerde dinge gedoen,maar die Heilige God van Israel is by Israel en Juda.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 51