Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 50:32-46 Bybel vir Almal (ABA)

32. Die opstandige mense sal val,en niemand sal hulle optel nie,Ek sal hulle stede aan die brand steek,en alles sal verbrand.”

33. Die Here wat oor alles regeer, sê:“Vyande het die Israeliete verdruk,hulle het ook die Judeërs verdruk.Vyande het hulle gevang en vasgehou,en wou hulle nie laat gaan nie.

34. Maar die God wat hulle vrymaak, is sterk,sy Naam is die Here wat oor alles regeer.Hy sal hulle help om teen hulle vyande te vegen Hy sal vrede bring in die land Israel,maar Hy sal nie vrede bring vir die mensevan Babel nie.”

35. Die Here sê:“Ek stuur mense met swaardeteen die Galdeërs,teen die mense van Babel,teen hulle amptenareen teen hulle wyse mense.

36. Ek stuur mense met swaardeteen hulle waarsêers,almal sal weet hulle is dwase.Ek stuur mense met swaarde teen hulle soldate,hulle almal sal skrik.

37. Ek stuur mense met swaarde teen hulle perdeen teen hulle oorlogkarre in Babelen teen al die soldate wat hulle gehuur het,hulle almal sal soos vroue word.Ek stuur mense met swaardeteen hulle stoorkamers,die vyande sal alles wegvat.

38. Ek stuur droogte,sodat daar nie water sal wees nie.Ek doen dit, want Babel is ’n land vol beelde,die mense is baie lief vir afgodsbeelde.

39. Daarom sal hiënassaam met woestyn-diere in Babel woon,en volstruise sal daar rondloop.Daar sal nooit weer mense woon nie,daar sal nooit weer iemand bly nie.”

40. Die Here sê:“Dit sal wees soos toe Ek Sodom en Gomorraen die ander stede daar naby verwoes het.Daar sal niemand woon nie,nie een mens sal daar wil bly nie.

41. Kyk, daar kom ’n volk uit die noorde,’n groot volk,daar kom baie konings van oral op die aarde.

42. Elkeen het ’n pyl en boog en ’n spies,hulle is wreed,hulle is vir niemand jammer nie.Wanneer hulle skree,dan raas dit soos die see.Hulle ry op perde,en hulle is gereed om oorlog te maakteen julle, mense van Babel.

43. Wanneer die koning van Babelhoor dat sy vyande kom,dan word sy hande pap,hy word bang, hy kry seersoos ’n vrou wat ’n baba kry.

44. “Dit moet julle weet,soos die diere in ’n weiveld langs ’n waterstroom vlugwanneer ’n leeu uit die bosseby die Jordaan-rivier kom,so sal Ek die Edomiete skielik laat vlug uit hulle landen Ek sal iemand kies om oor die land te regeer.Want wie is soos Ek, en wie kan doen wat Ek doen?Watter koning kan téén My wees en aanhou lewe?

45. Daarom moet julle hoor wat die Herebesluit het oor Babel,julle moet hoor wat Hy wil doenmet die mense van Galdeër-land.Die vyande sal hulle kinders wegsleep,dit is seker,hulle sal al die mense wegvatuit die woonplek van die Galdeërs,dit is seker.

46. Die aarde sal skud wanneer Babel val,die volke sal hoor hoe skree die mense van Babel.”

Lees volledige hoofstuk Jeremia 50