Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 50:15-20 Bybel vir Almal (ABA)

15. Julle moet skree wanneer julledie stad aanval van al die kante.Die mense van Babel hou op om te veg,die torings van Babel val om,die vyande breek die stad se mure af,want die Here straf die mense van die stad.Julle moet met die mense van Babel dieselfde doenwat hulle met julle gedoen het.

16. Julle moet die mense wat koring saai,uit Babel laat verdwyn,en ook die mense wat koring afsny.Julle moet hulle doodmaak met ’n swaardwat nie ophou om dood te maak nie.Al die mense van ander landesal na hulle eie volke en lande vlug.

17. “Israel is soos skape wat weggeraak het, leeus het hulle weggejaag na al die kante toe. Die koning van Assirië het eers die Israeliete opgevreet, en toe het koning Nebukadnesar van Babel hulle bene stukkend gekou.”

18. Die Here wat oor alles regeer, die God van Israel, sê: “Daarom sal Ek die koning van Babel en sy land straf soos Ek die koning van Assirië gestraf het.

19. En Ek sal Israel laat terugkom na hulle land. Hulle is my skape en hulle sal wei op Karmel-berg en Basan-berg, hulle sal genoeg kry om te eet op die Efraim-berge en op die Gilead-berge.”

20. Die Here sê: “Daardie tyd sal mense vra wat Israel verkeerd gedoen het en watter sonde Juda gedoen het. Maar hulle sal nie skuldig wees nie, want Ek sal al die sondes vergewe van hulle mense wat nog lewe.”

Lees volledige hoofstuk Jeremia 50