Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 49:11-15 Bybel vir Almal (ABA)

11. Hulle kinders het nie pa’s nie,Ek sal vir hulle sorg,hulle weduwees moet weetdat Ek hulle sal help.”

12. Die Here sê: “Ek sal dit doen, want mense wat minder skuldig was as julle, moes die beker drink. Dink julle Ek sal sê julle is onskuldig? Ek sal dit nie doen nie, julle sal die beker moet drink, dit is seker.

13. Ja, Ek het vir Myself belowe dat mense die naam van die stad Bosra sal noem wanneer hulle ander mense wil laat skrik of hulle wil spot of vervloek. Dit sal ’n droë plek word, en al die ander stede daar naby sal altyd net hope klippe wees.”

14. Die Here het die nuus vir my vertel, Hy het ’n boodskapper na die volke toe gestuur en gesê:“Julle moet bymekaarkom,julle moet oorlog kom maak teen Edom.”

15. Die Here sê vir die Edomiete:“Kyk, Ek sal julle ’n klein volk laat word,kleiner as die ander volke,die mense sal dink julle is nie belangrik nie.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 49