Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 46:12-21 Bybel vir Almal (ABA)

12. Die volke op die hele aardehet gehoortoe jy die oorlog verlooren toe jy skree van die pyn,want jou soldate het oor mekaar gevalen hulle het saam bly lê.

13. Die profeet Jeremia het gehoor die Here praat met hom. Dit was in die tyd toe koning Nebukadnesar van Babel gekom het om oorlog te maak teen Egipte.

14. Die Here het gesê:“Julle moet dit gaan vertel in Egipte,julle moet dit sê vir die mensein die stad Migdol,julle moet dit sê vir die mensein die stede Nof en Tagpanges,julle moet sê: ‘Julle soldate moet regstaanen gereed wees,want die vyande maak die mense oral dood.’

15. En hoekom vlug julle soldate?Hulle het nie aangehou veg nie,want die Here het hulle omgestoot.

16. Hulle val oor mekaar en hulle sê:‘Jy moet opstaan, ons moet teruggaanna ons mense toe,na die plekke waar ons gebore is,weg van die swaarde van die vyandewat so baie van ons doodmaak.’

17. “Hulle het vir die farao, die koning van Egipte, ’n nuwe naam gegee. Die nuwe naam was: Die man wat gespog het, maar wat nie daar was toe hy oorlog moes maak nie.”

18. Die Koning praat.Sy Naam is die Here wat oor alles regeer.Hy sê: “So seker soos Ek lewe,die vyande wat kom, is sterk,so sterk soos Tabor-berg wat tussen die berge is,soos Karmel-berg by die see.

19. Mense van Egipte, julle moetal julle goed vasbind,die vyande sal julle vang en wegvat.Hulle sal die stad Nof verwoes,daar sal nie meer mense woon nie.

20. Egipte is soos ’n mooi jong vers-kalf,maar daar kom ’n blindevlieg uit die noorde.

21. Egipte het soldate gehuur,en hulle was soos vet kalwers,maar hulle het ook omgedraai en gevlug,nie een soldaat het bly staan nie.Die dag het gekom, en hulle het bang geword,die tyd het gekom, die Here het hulle gestraf.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 46