Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 43:1-8 Bybel vir Almal (ABA)

1. Jeremia het vir al die mense alles gesê wat hulle God gesê het, hy het die hele boodskap van die Here vir hulle vertel. Maar toe hy dit klaar gesê het,

2. het Asarja en Joganan en ander onbeskofte manne vir hom gesê: “Jy vertel leuens. Ons God die Here het jou nie gestuur om vir ons te sê ons moenie na Egipte gaan om daar vreemdelinge te wees nie.

3. Nee, dit is Baruk seun van Nerija wat gesê het jy moet téén ons wees. Hy wil hê jy moet die Galdeërs help om ons te vang en dood te maak of om ons weg te vat na Babel.”

4. Joganan en al die offisiere en al die ander mense was nie gehoorsaam aan die Here nie, hulle wou nie in die land Juda bly nie.

5. Hulle het almal gevat wat oorgebly het, almal wat teruggekom het van die ander volke na wie toe hulle gevlug het en wat in Juda kom woon het.

6. Hulle het die mans gevat en die vroue en kinders en oumense, en die prinsesse en almal wat Nebusaradan, die hoof-offisier van die Galdeërs, by Gedalja laat bly het, en ook die profeet Jeremia en Baruk, seun van Nerija.

7. Hulle het na Egipte gegaan en by die stad Tagpanges aangekom. Hulle was nie gehoorsaam aan die Here nie.

8. In die stad Tagpanges het Jeremia gehoor die Here sê vir hom:

Lees volledige hoofstuk Jeremia 43