Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 42:3-12 Bybel vir Almal (ABA)

3. Jou God die Here moet vir ons sê waarnatoe ons moet gaan en wat ons moet doen.”

4. Die profeet Jeremia het vir hulle gesê: “Ek het gehoor wat julle vra. Goed, ek sal dit vra vir julle God die Here en ek sal vir julle alles sê wat die Here vir julle antwoord, ek sal alles sê wat Hy sê.”

5. Húlle antwoord toe vir Jeremia en sê: “Die Here moet die getuie wees. Hy hoor wat ons sê, en Hy sal doen wat Hy sê. As Hy jou na ons toe stuur en ons doen nie alles wat Hy sê nie, dan moet Hy ons straf.

6. Ons het jou gestuur na ons God die Here toe en ons sal doen wat Hy sê, dit maak nie saak of dit goed of sleg is nie. Ons weet dit sal goed gaan met ons as ons doen wat ons God die Here sê.”

7. Tien dae later het Jeremia gehoor die Here praat met hom.

8. Hy het na Joganan toe gegaan en na al die offisiere wat by hom was, en hy het al die mense geroep, die onbelangrike en die belangrike mense.

9. Hy het vir hulle gesê: “Julle het my gestuur na die Here toe, die God van Israel, om vir Hom te sê wat julle vra. Die Here sê:

10. As julle aanhou woon in hierdie land, dan sal Ek julle bou, Ek sal julle nie afbreek nie. Ek sal julle plant, Ek sal julle nie uitruk nie, want Ek is jammer dat Ek julle laat swaarkry het.

11. Julle moenie bang wees vir die koning van Babel nie, julle moenie bang wees nie, want Ek is by julle om julle te red en julle vry te maak van hom.

12. Ek sal genadig wees vir julle, en dan dan sal hy vir julle genadig wees en julle terugbring na julle land.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 42