Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 39:6-14 Bybel vir Almal (ABA)

6. Hy het Sedekia se seuns en al die belangrike mense van Juda daar in Ribla laat doodmaak terwyl Sedekia moes kyk.

7. Toe het hy Sedekia se oë uitgesteek en hy het hom met kettings laat vasbind om hom na Babel te vat.

8. Die Galdeërs het die paleis en die huise in Jerusalem afgebreek en hulle het die stad verbrand.

9. Nebusaradan, die hoof-offisier van die koning van Babel, het die mense wat in Jerusalem oorgebly het, gevang en weggevat na Babel, en ook die mense wat weggeloop het na die Galdeërs toe om saam met hulle te veg.

10. Nebusaradan het die arm mense wat niks gehad het nie, in die land Juda laat bly en hy het toe ook vir hulle lande en wingerde gegee.

11. Koning Nebukadnesar van Babel het vir Nebusaradan, die hoof-offisier, gesê wat hy met Jeremia moet doen. Hy het vir Nebusaradan gesê:

12. “Jy moet vir Jeremia laat haal en hom oppas. Kyk dat niks met hom gebeur nie, en doen wat hy vir jou sê.”

13. Nebusaradan, die hoof-offisier, en Nebusasban, die hoof-amptenaar, en Nergal-Sareser, die hoof van die soldate wat op oorlogkarre geveg het, en al die offisiere van die koning van Babel

14. het mense gestuur en hulle het vir Jeremia uit die binneplaas van die wagte gebring. Hulle het Jeremia vir Gedalja gegee en gesê hy moet Jeremia na sy huis bring. Gedalja was die seun van Agikam en Agikam was die seun van Safan. Jeremia het tussen die mense gaan woon.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 39