Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 38:1-6 Bybel vir Almal (ABA)

1. Sefatja seun van Mattan, Gedalja seun van Pasgur, Jukal seun van Selemja en Pasgur seun van Malkija het gehoor wat Jeremia vir al die mense gesê het.

2. Jeremia het gesê: “Die Here sê: Elkeen wat in hierdie stad bly, sal sterf in die oorlog of van honger of van pes. Maar elkeen wat na die Galdeërs toe gaan, sal aanhou lewe. Hy sal niks anders hê nie, maar hy sal lewe.

3. Die Here sê: Ek gee hierdie stad vir die soldate van die koning van Babel. Hulle sal dit oorwin, dit is seker.”

4. Die amptenare het vir die koning gesê: “Asseblief, hierdie man moet sterf, want hy sê hierdie dinge en dit maak die manne moedeloos wat oorgebly het in die stad. Hy maak ook al die ander mense moedeloos. Hy wil nie hê dit moet goed gaan met hierdie mense nie, hy wil hê dit moet sleg gaan.”

5. Koning Sedekia het gesê: “Julle mag met Jeremia doen wat julle wil, ek kan julle nie stop nie.”

6. Toe het die amptenare vir Jeremia gevat en hulle het hom met toue in ’n put laat afsak. Die put het behoort aan Malkihu, die seun van die koning. Daar was nie water in die put nie, daar was modder, en Jeremia het in die modder ingesak.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 38