Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 30:5-10 Bybel vir Almal (ABA)

5. Ja, dit het die Here gesê.“Die mense van Israel en Juda sê: ‘Ons het iets gehoor wat ons groot laat skrik het, ons is bang, daar is nie vrede nie.’

6. “Julle kan vir almal vra en rondkyk. Kan ’n man ’n baba kry? Nee, hy kan nie.“Maar hoekom sien Ek dat elke man met sy hande op sy maag staan soos ’n vrou wat ’n baba kry? Hoekom is sy gesig bleek?

7. “Dit gaan baie sleg met die mense van Israel. Daar was nog nooit so ’n dag nie, hulle kry swaar, maar Ek sal hulle red.”

8. Die Here wat oor alles regeer, sê: “Daardie dag sal Ek die juk van hulle nekke afhaal en Ek sal die bande breek. Hulle sal nie meer vir ander mense moet werk nie.

9. Hulle sal hulle God die Here dien en hulle sal ook hulle koning Dawid dien wat Ek sal kies en aanstel om oor hulle te regeer.”

10. Die Here sê:“En julle, my dienaars, nageslag van Jakob,julle moenie bang wees nie.Mense van Israel, julle moenie skrik nie,want Ek sal julle red daar ver waar julle is.Ek sal julle nageslag red uit die land waar hulle gevangenes is.Die nageslag van Jakob sal terugkom en veilig weesen niks sal hulle pla nie, niemand sal hulle skrikmaak nie.”

Lees volledige hoofstuk Jeremia 30