Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 30:1-6 Bybel vir Almal (ABA)

1. Jeremia het gehoor die Here praat met hom.

2. Die Here, die God van Israel, het gesê: “Jy moet alles wat Ek vir jou sê, in ’n boek skryf.

3. Want die tyd sal kom wanneer Ek dit beter sal laat gaan met my volk Israel en met Juda. Dan sal Ek hulle terugbring na die land wat Ek vir hulle voorvaders gegee het en waar hulle gaan woon het.

4. “Hier is nou die woorde wat die Here vir Israel en Juda sê.

5. Ja, dit het die Here gesê.“Die mense van Israel en Juda sê: ‘Ons het iets gehoor wat ons groot laat skrik het, ons is bang, daar is nie vrede nie.’

6. “Julle kan vir almal vra en rondkyk. Kan ’n man ’n baba kry? Nee, hy kan nie.“Maar hoekom sien Ek dat elke man met sy hande op sy maag staan soos ’n vrou wat ’n baba kry? Hoekom is sy gesig bleek?

Lees volledige hoofstuk Jeremia 30