Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 28:1-6 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die profeet Gananja seun van Assur, van die stad Gibeon, het in dieselfde jaar met my in die tempel gepraat. Dit was in die vierde jaar nadat Sedekia koning van Juda geword het, in die vyfde maand. Die priesters en al die mense het dit gehoor. Gananja het gesê:

2. “Die Here wat oor alles regeer, die God van Israel, sê: Ek sal die juk van die koning van Babel breek.

3. Voordat twee jaar verby is, sal Ek al die tempel-gereedskap terugbring wat koning Nebukadnesar weggevat het na Babel, Ek sal dit terugbring na hierdie plek.

4. En Ek sal ook vir Jojagin seun van Jojakim, koning van Juda, en almal wat uit Juda na Babel moes gaan, terugbring na hierdie plek. Ja, Ek sal die juk van die koning van Babel breek. Dit het die Here gesê.”

5. Die profeet Jeremia het die profeet Gananja geantwoord. Die priesters en al die mense wat in die tempel gewerk het, het dit gehoor.

6. Die profeet Jeremia het gesê: “Ek wens jy was reg. Ek wens die Here doen wat jy gesê het. Ek wens die boodskap wat jy gebring het, was waar, sodat die tempel-gereedskap kan terugkom na hierdie plek en ook die mense wat na Babel moes gaan.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 28