Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 27:10-18 Bybel vir Almal (ABA)

10. maar hulle bring boodskappe wat vals is. As julle na hulle luister, dan sal Ek julle wegvat ver van julle grond af, Ek sal julle wegjaag na al die kante toe, en julle sal sterf.

11. Maar Ek sal die volk wat die juk van die koning van Babel dra en hom dien, op hulle grond laat bly. Hulle sal in die grond werk en daar woon.”

12. Ek, Jeremia, het toe eers al hierdie dinge vir Sedekia koning van Juda gaan sê. Ek het gesê: “Julle moet die juk van die koning van Babel dra en julle moet hom dien. Dan sal julle aanhou lewe.

13. Hoekom wil jy en jou mense sterf van oorlog en honger en pes? Die Here het gesê dit sal gebeur met ’n volk wat nie die koning van Babel dien nie.

14. Julle moenie luister na die profete wat vir julle sê julle moenie die koning van Babel dien nie, want daardie profete bring vir julle boodskappe wat vals is.

15. Die Here sê: Ek het hulle nie gestuur nie, maar hulle sê hulle bring boodskappe van My. Dit is boodskappe wat vals is. As julle daarna luister, dan sal Ek julle wegjaag na al die kante toe en Ek sal julle almal laat sterf, julle en die profete wat vir julle boodskappe bring.”

16. Daarna het ek, Jeremia, met die priesters en al hierdie mense gepraat en vir hulle gesê: “Die Here sê: Julle moenie luister na julle profete wat vir julle boodskappe bring en sê die tempel-gereedskap sal gou terugkom uit Babel nie, want daardie profete bring boodskappe wat vals is.

17. Julle moenie na hulle luister nie, julle moet die koning van Babel dien. Dan sal julle aanhou lewe. Hoekom moet hierdie stad ’n hoop klippe word?

18. “As daardie mense regtig profete is, as die Here regtig met hulle praat, dan moet hulle aanhou bid tot die Here wat oor alles regeer. Hulle moet vra dat die vyande nie die goed na Babel sal vat nie, die goed wat nog oor is in die tempel en in die paleis.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 27