Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 27:1-4 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die Here het met my, Jeremia, gepraat. Dit was kort nadat Sedekia seun van Josia koning van Juda geword het.

2. Die Here het vir my gesê: “Jy moet vir jou jukke maak en bande, en jy moet een juk op jou nek vasmaak.

3. “Dan moet jy die ander jukke stuur na die konings van die land Moab, na die Ammoniete, en na die stede Tirus en Sidon. Jy moet dit stuur saam met die boodskappers wat na Jerusalem gekom het, na koning Sedekia van Juda toe.

4. “Jy moet vir hulle sê hulle moet vir hulle konings sê: Die Here wat oor alles regeer, die God van Israel, sê:

Lees volledige hoofstuk Jeremia 27