Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 17:11-22 Bybel vir Almal (ABA)

11. ’n Mens wat ryk wordomdat hy ander mense bedrieg,is soos ’n fisant wat op ander fisantese eiers broei.So ’n mens sal alles verloor wat hy het,hy sal dit verloor voordat hy oud is,en hy sal sterf soos ’n dwaas.

12. Die plek waar ons tempel staan,was nog altyd hoog,die Here is daar,soos ’n koning wat op sy troon sit.

13. Here, U is God, Israel hoop op U.Dit sal sleg gaan met die mensewat weggaan van U.U skryf hulle name op, hulle sal sterf,want hulle het weggegaan van Uwat lewe gee.U is soos ’n fontein wat altyd water heten wat mense laat lewe.

14. Here, wanneer U my gesond maak,dan sal ek gesond wees,wanneer U my red,dan sal dit goed gaan met my.Ja, Ek sal U prys.

15. U hoor wat die mense sê.Hulle vra vir my:“As die Here jou gestuur het om te praat,wanneer sal die dinge gebeur wat jy sê?”

16. Here, ek het aangehouom ’n herder te wees vir u volken ek het nie gewens dat die dag gou moet kom nie,die dag wanneer U hulle sal straf.U weet wat ek gesê het, U het dit gehoor.

17. U moenie my laat bang word vir U nie,want ek wil na U toe kom en veilig wees by Uwanneer U begin om die mense te straf.

18. U moet dit sleg laat gaan met my vyande,U moenie dit met mý sleg laat gaan nie.U moet húlle bang laat word,U moenie my bang laat word nie.U moet nou begin om hulle te straf,U moet hulle baie swaar laat kry.

19. Die Here het vir my, Jeremia, gesê: “Jy moet in die Volkspoort gaan staan waar die konings van Juda ingaan en uitgaan. Jy moet ook in al die ander poorte van Jerusalem gaan staan,

20. en jy moet vir die mense sê: Konings van Juda en al die mense van Juda, en almal wat in Jerusalem woon en wat deur hierdie poorte gaan, julle moet luister na wat die Here sê.

21. Die Here sê: Julle moet oppas. As julle wil aanhou lewe, dan moet julle nie op die Sabbatdag iets dra en dit deur die poorte van Jerusalem bring nie.

22. Julle moenie op die Sabbatdag iets uit julle huise bring of enige werk doen nie. Die Sabbatdag moet vir julle ’n gewyde dag wees, soos Ek vir julle voorvaders gesê het.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 17