Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 12:7-11 Bybel vir Almal (ABA)

7. Die Here sê:“Ek het ook weggegaan van my huis,Ek het gesê dit behoort aan My,maar ek wil dit nie meer hê nie.Ek is lief vir die volk,maar Ek het hulle vir hulle vyande gegee.

8. Die volk wat aan My behoort, het vir My gewordsoos ’n leeu wat in die bos vir My brul.Daarom haat Ek hulle.

9. Die volk wat aan My behoort, is soos ’n dooie dier,’n hiëna vreet daaraan terwyl die aasvoëls wag.Kom, maak al die wilde diere bymekaarsodat hulle ook kan kom vreet.

10. Baie konings het my mooi land verwoes,niemand woon nou daar nie.Hulle was soos skaapwagters wat hulle skape injaagin ’n wingerd om alles plat te trap.

11. Hulle het die land verwoes,niemand woon nou daar nie.Die plante in die land is droog en verlep,en niemand is bekommerd daaroor nie.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 12