Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 10:7-16 Bybel vir Almal (ABA)

7. U is Koning oor die volke,en almal moet U eer,want by al die wyse menseen al die konings van die volkeis daar niemand soos U nie.

8. Die heidene is dom en dwaas,want hulle gode kan vir hulle niks leer nie,dit is stukke hout wat niks beteken nie.

9. Hulle bring silwer uit die land Tarsis,hulle trek die beelde oor met silwer en gouden hulle trek vir die beelde klere aanvan pers en rooi wol.Ambagsmanne doen al hierdie werk.

10. Maar die Here is die ware God wat lewe,Hy is Koning vir altyd,en al die mense op die aarde bewewanneer Hy kwaad is.

11. Julle moet vir die heidene sê daardie godewat nie die hemel en die aarde gemaak het nie,sal verdwyn van die aarde af.

12. Die Here het die aarde en die hemel gemaak.Hy het dit gedoen met sy krag en sy wysheid.

13. Wanneer Hy praat, dan raas die water in die hemel.Hy bring die wolke van ver oor die aarde,Hy laat die weerlig slaan en die wind waai.

14. Maar mense wat beelde maak en hulle dien,is dom, hulle weet niks.Die beelde kan vir hulle niks doen nie,daar is nie lewe in hulle nie.

15. Hulle is soos wind wat wegraak,mense lag vir hulle, hulle sal verdwyn.

16. Maar die God van Jakob is nie soos die beelde nie,want Hy het alles gemaak.Die Israeliete is sy eie volk.Sy Naam is Here wat oor alles regeer.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 10