Ou Testament

Nuwe Testament

Jeremia 10:19-25 Bybel vir Almal (ABA)

19. Die mense van Juda en Jerusalem sal sê:“Dit gaan sleg met ons, ons is naby die dood.Ons het regtig gedink ons sal maklik die swaarkry kan dra,

20. maar nou is ons soos mense wie se tente verwoes is:Die tente se toue is stukkend, ons seuns is weg,en daar is niemand wat vir ons kan helpom die tente se seile weer styf te trek nie.”

21. Dit is so, want die leiers was soos herders wat dwaas geword het,hulle het nie vir die Here gevra wat hulle moet doen nie.Daarom het dit nie goed gegaan met hulle nie,vyande het hulle mense soos skapena al die kante toe gejaag.

22. Ek hoor die vyande kom uit die noorde,hulle raas en hulle komom die stede van Juda te verwoesen die mense weg te vat.Net jakkalse sal daar woon.

23. Here, ek weet ’n mens kan nie self besluitoor wat met hom sal gebeuren hoe dit met hom sal gaan nie.

24. Here, gee vir ons die straf wat ons moet kry,maar U moenie so kwaad weesdat U niks van ons laat oorbly nie.

25. U moet kwaad wees vir die volkewat U nie ken en dien nie,want hulle het die nageslag van Jakob doodgemaaken hulle woonplek verwoes.

Lees volledige hoofstuk Jeremia 10