Ou Testament

Nuwe Testament

Hosea 9:6-10 Bybel vir Almal (ABA)

6. Want hulle mense wat nog lewe,sal in Egipte gaan woon.Hulle grafte salin die stad Memfis wees.Hulle mooi silwergoedsal tussen die bossies lê,en in hulle tentesal dorings groei.

7. Die Here sal hulle straf,en dit sal gou gebeur.Die mense van Israel sal dit weet.Julle dink die profeet is dom.Julle dink hy is mal wanneer die Herevir hom wys wat sal gebeur.Maar hy is soomdat julle so baie sonde doenen omdat julle almal sy vyande is.

8. God het die profeet gestuur,en die profeet moet die mensevan Efraim oppas.Maar hulle wil die profeet vangsoos ’n mens ’n voël vang.Hulle wil hom aanval,ook in die tempel van sy God.

9. Hulle is baie slegte mense,hulle is so sleg soos die mensevan die stad Gibea, lank gelede.Die Here sal onthouwat hulle gedoen het,Hy sal hulle straf oor hulle sondes.

10. Die Here het gesê:“Ek was blyoor die mense van Israel,so bly soos oor druiwewat ’n mens in die woestyn kry,so bly soos oor die eerste vyeaan ’n jong vyeboom.Maar hulle voorvadershet die skande-afgod gaan dienby die stad Baäl-Peor,en hulle het net so stinken sleg gewordsoos die afgod.

Lees volledige hoofstuk Hosea 9