Ou Testament

Nuwe Testament

Hosea 7:5-9 Bybel vir Almal (ABA)

5. Hulle koning het feesgevier,en toe het hulle sy amptenarebaie dronk gemaak.Die mense wat vir die koning moes help,het gesit en lag.

6. Hulle is soos die kole in ’n oondwat in die nag warm blyen in die oggend weer begin brand.Hulle wag vir die regte tydom die koning dood te maak.

7. Hulle is soos die vuur in ’n oondwat aanhou brand,hulle maak hulle leiers dood.Hulle konings sterf almal,maar hulle vra niedat Ek hulle moet help nie.

8. “Die mense van Efraim lewetussen ander volke,en die volke doen met die mensevan Efraim wat hulle wil.Efraim beteken nou niks.

9. Mense van ander landeregeer oor hulleen maak hulle swak,maar hulle weet dit nie.Hulle is soos broodwat oud en muf geword het,maar hulle weet dit nie.

Lees volledige hoofstuk Hosea 7