Ou Testament

Nuwe Testament

Hosea 7:1-8 Bybel vir Almal (ABA)

1. Ek wou Israel gesond maak.Maar toe sien Ekdat die mense van Efraimbaie sonde doen,Ek sien ook hoe slegis die mense van Samaria.Hulle lieg en steel,hulle steel mekaar se goedin die strate.

2. Hulle dink Ek weet niehoe sleg hulle is nie,maar Ek weet alleswat hulle gedoen het.

3. “Die koning en sy amptenarewas bly dat hulle mensesleg was en gelieg het.

4. Almal pleeg egbreuk.Hulle is warmsoos ’n oond wat warm blywanneer die bakkernie meer vuurmaak nieen wag dat die broodeers moet reg word om te bak.

5. Hulle koning het feesgevier,en toe het hulle sy amptenarebaie dronk gemaak.Die mense wat vir die koning moes help,het gesit en lag.

6. Hulle is soos die kole in ’n oondwat in die nag warm blyen in die oggend weer begin brand.Hulle wag vir die regte tydom die koning dood te maak.

7. Hulle is soos die vuur in ’n oondwat aanhou brand,hulle maak hulle leiers dood.Hulle konings sterf almal,maar hulle vra niedat Ek hulle moet help nie.

8. “Die mense van Efraim lewetussen ander volke,en die volke doen met die mensevan Efraim wat hulle wil.Efraim beteken nou niks.

Lees volledige hoofstuk Hosea 7