Ou Testament

Nuwe Testament

Hosea 5:8-13 Bybel vir Almal (ABA)

8. Die Here sê:“Julle moet die mense waarsku.Julle moet die ramshoringen die trompet blaasin die stede,in Gibea, Rama en die sondestad Bet-El.Die vyande kom,hulle is al naby die land Benjamin.

9. Hulle sal die land Efraim verwoesop die dag wanneer die Herehulle sal straf.Dit sê Ek vir die stamme van Israel,en dit sal gebeur.

10. “Die amptenare van Juda wil noudie mense van Israel se land vat,en daarom sal Ek hulle swaar straf.

11. Die vyande het die mense van Efraimlaat swaarkry, en dit is reg.Die mense van Efraimhet afgode gedienwat hulle nie kan help nie.

12. Ek het die mense van Efraim en Judasiek en swak laat word.

13. Toe hulle sien hulle is siek,het die mense van Efraim vir Jareb,die koning van Assirië,gevra om hulle te help.Maar hy kon hulle nie helpen gesond maak nie.

Lees volledige hoofstuk Hosea 5