Ou Testament

Nuwe Testament

Hosea 5:7-15 Bybel vir Almal (ABA)

7. Hulle was ontrou aan die Here,want hulle hetby die tempel-prostitutegeslaap en kinders gekry.So het hulledie Nuwemaan-fees gevier,en daarom sal hulle sterfen sal die vyande hulle land vat.”

8. Die Here sê:“Julle moet die mense waarsku.Julle moet die ramshoringen die trompet blaasin die stede,in Gibea, Rama en die sondestad Bet-El.Die vyande kom,hulle is al naby die land Benjamin.

9. Hulle sal die land Efraim verwoesop die dag wanneer die Herehulle sal straf.Dit sê Ek vir die stamme van Israel,en dit sal gebeur.

10. “Die amptenare van Juda wil noudie mense van Israel se land vat,en daarom sal Ek hulle swaar straf.

11. Die vyande het die mense van Efraimlaat swaarkry, en dit is reg.Die mense van Efraimhet afgode gedienwat hulle nie kan help nie.

12. Ek het die mense van Efraim en Judasiek en swak laat word.

13. Toe hulle sien hulle is siek,het die mense van Efraim vir Jareb,die koning van Assirië,gevra om hulle te help.Maar hy kon hulle nie helpen gesond maak nie.

14. Dit is Ék wat die mensevan Efraim en Judastukkend geskeur hetsoos ’n leeu mense doodbyten wegsleep,en daar was niemandwat hulle kon help nie.

15. “Ek sal nou vir hulle wagom na my tempel te kom.Hulle moet sê hulle hetverkeerde dinge gedoenen hulle moet vir My vra wat Ekwil hê hulle moet doen.Wanneer dit sleg gaanmet die mense van Efraim,dan sal hulle vir My kom vrawat hulle moet doen.”

Lees volledige hoofstuk Hosea 5