Ou Testament

Nuwe Testament

Hosea 5:1-7 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die Here het gesê:“Die priesters,die leiers van Israel,en die koning en sy familiemoet almal luister.Hulle moet hoorhoekom die Here hulle wil straf.Hulle het die mensesonde laat doen op baie plekke:in die stad Mispa,op Tabor-berg,

2. en in die stad Sittim.Maar die Here sal hulle almal straf.

3. Die Here weet watdie mense van Israel gedoen het:Hulle was ontrou,en hulle het hulleself onreingemaak.

4. “Hulle het te veelverkeerde dinge gedoen,hulle kan nie terugkomna hulle God toe nie.Hulle wil graag ander gode dien,hulle wil nie nabydie Here wees nie.

5. “Die mense van Israel dinkhulle is baie belangrik,maar die Here sal hulle strafoor wat hulle gedoen het.Die Here sal hulle verneder,want hulle hetverkeerde dinge gedoen.En Hy sal die mense van Judaook verneder.

6. Hulle sal skape en bokkeen beeste bring om te offeren hulle sal vir die Here vrawat hulle moet doen.Maar die Here sal hullenie antwoord nie,want Hy het hulle gelos.

7. Hulle was ontrou aan die Here,want hulle hetby die tempel-prostitutegeslaap en kinders gekry.So het hulledie Nuwemaan-fees gevier,en daarom sal hulle sterfen sal die vyande hulle land vat.”

Lees volledige hoofstuk Hosea 5