Ou Testament

Nuwe Testament

Hosea 4:5-14 Bybel vir Almal (ABA)

5. Jy sal vandag sterf,en die profeetsal saam met jou sterf.Ek sal jou ma ook doodmaak.

6. “My volk sterfomdat hulle nie naby Mywil wees nie.Priester, dit was nie vir jou belangrikom naby My te wees nie.Daarom is dit nievir My belangrikdat jy my priester is nie.Jy wou nie doenwat jou God wil hê nie.Daarom wil Ek nie hê jou seunsmoet priesters wees nie.

7. “Die priesters het baie geword,en hulle doen baie sondeteen My.Hulle dink hulle is baie belangrik,maar Ek sal hulle verneder.

8. Priesters, julle is blywanneer my volk baie sonde doen,want dan bring die mensebaie sonde-offers,en dan kan julle daarvan eet.

9. “Dit sal met die priesters gaansoos met die volk.Ek sal elkeen strafwat verkeerde dinge doen.

10. Hulle sal eet,maar hulle sal honger bly,hulle sal by baie vroue slaap,maar hulle sal nie kinders kry nie.Hoekom?“Want hulle het opgehouom die Here te dien.

11. Die priesters wilniks anders doen nie,hulle wil net by baie vroue slaapen baie wyn drink.

12. My volk het ook lief gewordvir wyn.Daarom vra hulle vir ’n stuk houtwat hulle moet doen.Hulle dink hulle kieriessal vir hulle sêwat hulle wil weet.Hulle doen dit omdat hulle graagander gode wil dien,hulle is ontrou aan die Here.

13. My volk offer op die bergeen op die heuwels,hulle offer onder die groot bome,want die bome het baie skaduwee.Daarom slaap julle dogtersen skoondogters by ander mans.

14. “Maar Ek sal hulle nie straf nie,want hulle mans slaapby die tempel-prostituteen hulle offer saam met die tempel-prostitute.’n Volk wat nie sy verstandgebruik nie, sal sterf.

Lees volledige hoofstuk Hosea 4