Ou Testament

Nuwe Testament

Hosea 4:13-19 Bybel vir Almal (ABA)

13. My volk offer op die bergeen op die heuwels,hulle offer onder die groot bome,want die bome het baie skaduwee.Daarom slaap julle dogtersen skoondogters by ander mans.

14. “Maar Ek sal hulle nie straf nie,want hulle mans slaapby die tempel-prostituteen hulle offer saam met die tempel-prostitute.’n Volk wat nie sy verstandgebruik nie, sal sterf.

15. “Mense van Israel,julle wil graag ontrou wees.Maar julle moeniedie mense van Juda verkeerd leisodat hulle ook ontrou word nie.Julle moenie in die stad Gilgalof in die sondestad Bet-Elgaan offer nie.Julle moenie sê:‘So seker soos die Here lewe’wanneer julle dinge belowe nie.”

16. Ja, die mense van Israelis net so hardkoppig soos koeiewat nie wil luister na hulle eienaars nie.Hulle wil nie luister na die Here nie.Daarom sal die Here hulle nie oppassoos ’n mens skapein die veld oppas nie.

17. Die mense van Efraimhou van afgode.Hulle moet dit los.

18. Wanneer hulle klaar wyn gedrink het,dan gaan slaap hulle by die prostitute.Hulle leiers hou daarvanom slegte dinge te doen.

19. Wanneer die stormwindhulle wegwaai,dan sal hulle offers nie help nie.

Lees volledige hoofstuk Hosea 4