Ou Testament

Nuwe Testament

Hosea 4:1-9 Bybel vir Almal (ABA)

1. Israeliete, julle moet luisterna wat die Here sê.Die Here sê die mensewat in die land woon,doen verkeerd.Hulle doen niewat hulle belowe het nie.Hulle is nie lief vir die Here nie,hulle wil nienaby Hom wees nie.

2. Hulle vervloek mekaar,hulle lieg,hulle maak ander mense dood,hulle steel,hulle slaapby ander mans se vroue,hulle hou aanom mense te vermoor.

3. Daarom is ditso droog in die land.Almal wat in die land woon,kry swaar.Die diere en die voëls vrek,ook die visse in die see.

4. Die Here sê:“Priester, Ek praat met jou.Jou mense sê dit is jywat verkeerd doen,nie iemand anders nie.

5. Jy sal vandag sterf,en die profeetsal saam met jou sterf.Ek sal jou ma ook doodmaak.

6. “My volk sterfomdat hulle nie naby Mywil wees nie.Priester, dit was nie vir jou belangrikom naby My te wees nie.Daarom is dit nievir My belangrikdat jy my priester is nie.Jy wou nie doenwat jou God wil hê nie.Daarom wil Ek nie hê jou seunsmoet priesters wees nie.

7. “Die priesters het baie geword,en hulle doen baie sondeteen My.Hulle dink hulle is baie belangrik,maar Ek sal hulle verneder.

8. Priesters, julle is blywanneer my volk baie sonde doen,want dan bring die mensebaie sonde-offers,en dan kan julle daarvan eet.

9. “Dit sal met die priesters gaansoos met die volk.Ek sal elkeen strafwat verkeerde dinge doen.

Lees volledige hoofstuk Hosea 4