Ou Testament

Nuwe Testament

Hosea 2:6-13 Bybel vir Almal (ABA)

6. Sy sal probeerom by haar afgode te kom,maar sy sal dit nie regkry nie.Sy sal hulle soek,maar sy sal hulle nie kry nie.Dan sal sy sê:‘Ek wil teruggaan na my God,want toe ek Hom gedien het,was dit beter as nou.’

7. “Ja, sy wou nie glodat dit Ek is wat vir haarkoring en wyn en olyf-olie gee nie,en ook baie silwer en goud.Sy het ’n beeld gemaak van die silwer en goud,’n beeld van die afgod Baäl.

8. “Daarom sal Ek noumy koring en my wyn terugvat,daar sal nie koring weesom af te snyof druiwe om wyn te maak nie.Ek sal ook my wol en my vlas wegvatwat Ek vir haar gegee hetom haar kaal lyf toe te maak.

9. Nou sal Ek haar klere uittrek,en haar afgode sal sien sy is kaal,maar hulle sal haarnie kan red nie.

10. Sy sal nie meer bly kan weesoor iets nie.Daar sal nie meer Hutte-feeste, Nuwemaan-feeste, Sabbatdaeof ander feeste wees nie.

11. Ek sal haar wingerdeen haar vyebome verwoes.Hulle sal soos die bosse word,die wilde diere sal hulle vreet.Sy het gesê:‘Dit is presentewat my afgode vir my gegee het.’

12. “Ek sal haar straf,want sy het baie maal offers gebring vir die Baäls.Die mense van Israelis soos slegte vrouewat hulleself mooi maakmet ringe en juweleen wat rondloopen ander mans soek.Maar vir My het hulle vergeet.”Dit sê die Here.

13. Die Here het gesê:“Maar Ek sal aanhou mooi praatmet die mense van Israeltotdat hulle weermy volk wil word.Ek sal hulle terugneemna die woestynen Ek sal mooi dinge vir hulle sê.

Lees volledige hoofstuk Hosea 2