Ou Testament

Nuwe Testament

Hosea 2:10-16 Bybel vir Almal (ABA)

10. Sy sal nie meer bly kan weesoor iets nie.Daar sal nie meer Hutte-feeste, Nuwemaan-feeste, Sabbatdaeof ander feeste wees nie.

11. Ek sal haar wingerdeen haar vyebome verwoes.Hulle sal soos die bosse word,die wilde diere sal hulle vreet.Sy het gesê:‘Dit is presentewat my afgode vir my gegee het.’

12. “Ek sal haar straf,want sy het baie maal offers gebring vir die Baäls.Die mense van Israelis soos slegte vrouewat hulleself mooi maakmet ringe en juweleen wat rondloopen ander mans soek.Maar vir My het hulle vergeet.”Dit sê die Here.

13. Die Here het gesê:“Maar Ek sal aanhou mooi praatmet die mense van Israeltotdat hulle weermy volk wil word.Ek sal hulle terugneemna die woestynen Ek sal mooi dinge vir hulle sê.

14. Ek sal weer vir hulle wingerde gee,en hulle sal daarin die Akor-vallei wagom in die land in te gaan.Hulle sal daar weer praatsoos in die tydtoe hulle ’n jong volk was,toe hulle uit Egipte gekom het.”

15. Die Here het ook gesê:“Daardie dagsal die mense van Israel sê:‘U is ons God.’Hulle sal nie meer sê:‘U is ons Baäl’ nie.

16. Ek sal die Baäls se name wegvatuit die mense van Israelse mond,hulle sal nie meeroor die Baäls praat nie.

Lees volledige hoofstuk Hosea 2