Ou Testament

Nuwe Testament

Hosea 2:1-7 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die Here het gesê:“Julle ma is Israel.Julle moet vir julle ma sêsy het verkeerd gedoen,want sy is nie meer my vrou nie,en Ek is nie meer haar man nie.Sy moet ophouom ontrou te weesen om egbreuk te pleeg.

2. As sy nie ophouom dit te doen nie,dan sal Ek al haar klere uittrek,dan sal sy so kaal weessoos toe sy gebore is.Ek sal haar maaksoos ’n woestynwaar nie water is nie.Sy sal sterf,want sy sal nie water hêom te drink nie.

3. Ek sal ook nievir haar kinders goed wees nie,want hulle is ontrou kinders.

4. Hulle ma was ontrou,sy het slegte dinge gedoen,sy het gesê:‘Ek is lief vir my gode,ek sal hulle dien.Hulle gee vir my brood en water,wol en vlas, olyf-olie en wyn.’

5. Daarom sal Ek nou doringtakkein haar pad gooi,en Ek, die Here,sal ’n klipmuur om haar bou.Ek sal haar pad toemaak,sy sal nie kan rondloop nie.

6. Sy sal probeerom by haar afgode te kom,maar sy sal dit nie regkry nie.Sy sal hulle soek,maar sy sal hulle nie kry nie.Dan sal sy sê:‘Ek wil teruggaan na my God,want toe ek Hom gedien het,was dit beter as nou.’

7. “Ja, sy wou nie glodat dit Ek is wat vir haarkoring en wyn en olyf-olie gee nie,en ook baie silwer en goud.Sy het ’n beeld gemaak van die silwer en goud,’n beeld van die afgod Baäl.

Lees volledige hoofstuk Hosea 2